Ek is na ‘n mammogram op 16 Mei 2019 gediagnoseer met Stage 2 borskanker en het na ‘n lumpektomie en die verwydering van geinfiltreerde limfnodes begin met eerste chemoterapie op 2 Julie 2019.

Foto’s en skilder was altyd deel van my manier om die kreatiewe sy van menswees te vier en ek is seker ek het ‘n stukkie daarvan by my liefste mams, Susan Botha, geëerf. Sy is ook altyd besig om alles mooier te maak en gee ook klas in lint borduurwerk, vir ander vrouens, wat hul eie stories van siekte en die helende waarde van handwerk en kreatiwiteit kan vertel.